VERBORGE WAARHEDE VAN DIE BYBEL
“
Volume I, “Verborge Waarhede van die Ou Testament”, is 'n praktiese beskouing van hoofsaaklik die eerste sewe boeke van die Bybel, terwyl Volume II, “Versteekte Skatte van die Nuwe Testament”, handel oor 'n praktiese beskouing van die Nuwe Testament.
Die laaste volume “Sola Scriptura – Die Skrif alleen is genoeg” is kategeties van aard en handel met die toepassing van die pragmatiese beskouinge in ons alledaagse uitlewing van ons Christenskap.
Die laaste volume “Sola Scriptura – Die Skrif alleen is genoeg” is kategeties van aard en handel met die toepassing van die pragmatiese beskouinge in ons alledaagse uitlewing van ons Christenskap.
Alhoewel die Bybel in twee del e verdeel is, naamlik die Ou- en Nuwe Testamente, vorm beide testamente egter (gelykwaardig), die gesaghebbende Woord van God en kan dit gevolglik, teologies, nie van mekaar geskei word nie.
Soos wat dit die geval is met die Ou Testament, bestaan daar ook talle verborge waarhede in die Nuwe Testament.
Wat word bedoel met 'n pragmatiese beskouing?
Die Verklarende Handboek van die Afrikaanse Taal definieer “pragmatisme” as: “Filosofiese rigting wat die waarde van ʼn bewering uitsluitend volgens sy praktiese belang vir die mens beoordeel”
In Volume II word daar byvoorbeeld gekyk na die Drie-eenige karakter van God en hoe ons dit kan verstaan. Nêrens in die Bybel staan daar dat die Vader, Seun en Heilige Gees, ʼn Drie-eenigheid is nie. Sover bekend is die term “Drie-eenheid” die eerste keer gebruik deur Tertullianus (150-225 nC.), die sogenaamde vader van die Latynse teologie. (Hy was onder andere ook verantwoordelik vir die skryf van die Vulgaat, die Katolieke Bybel.) Dit was eers tydens die Eerste Ekumeniese Konsilie van Nicéa (325 nC.), wat die begrip van ʼn Goddelike Drie-eenheid, teologiese beslag gekry het.
In Deuteronomium 6: 4 lees ons: “Luister , Israel , die Here is ons God, Hy is die enigste Here.” (“Sh’ma Yis’ra’eil Adonai Eloheinu Adonai echad.” [Echad – Hebreeuse woord vir “een”] “Hear, Israel , the Lord is our God, the Lord is One.”)
Daar bestaan ʼn seining dat die Hebreeuse woord “echad” in Deuteronomium 6: 4 na ʼn “saamgestelde eenheid” (composite or compound unity) verwys en gevolglik kan die Drie-eenigheid van God op hierdie wyse bewys word.
ʼn Saamgestelde eenheid het ʼn pluralistiese betekenis wat beteken dat die geheel uit ʼn verskeidenheid afsonderlik identifiseerbare komponente bestaan, wat gesamentlik, ʼn eenheid vorm, bv. een tros druiwe. Een druif-korrel verwys nie na die tros nie, en net so verwys die woord tros nie na net een druif-korrel nie.
Die Heidelbergse Kategismus verwys egter na ʼn enkelvoudige eenheid in vraag 25 as dit sê “Terwyl daar maar tog net een, enige Goddelike Wese is, waarom praat jy van drie, naamlik die Vader, Seun en Heilige Gees?”
Terwyl dit waar is dat die woord “echad” na ʼn saamgestelde eenheid kán verwys, (net soos wat die woord “een” in Afrikaans of “one” in Engels ook na ʼn saamgestelde eenheid kan verwys), bestaan daar geen bewyse vir die siening dat “echad” in die konkordansie van Deuteronomium, na ʼn saamgestelde eenheid verwys nie.
Terwyl ons dus glo dat God Drie-eenig is, bely ons terselfdertyd dat Jesus opgevaar het na die Hemel, “en sit aan die regterhand van God” ….? Hoe verduidelik ons aan ʼn jongmens, of ʼn nie-christen, hierdie oënskynlike teenstrydigheid?
Die mens is ook ʼn drie-eenige wese!
Ons bestaan tersefdertyd uit liggaam, siel en gees, en wanneer die volmaakte gekom het, sal ons nog steeds uit ʼn verheerlikte liggaam en siel bestaan.
Is dit moontlik dat ons die “Beeld-draers van God” is vanweë die feit dat daar in die ganse heelal nie nog ʼn maaksel bestaan wat op enige wyse, enige ooreenstemming of gelykenis met die Beeld van God het nie, of is ons, soos wat die Afrikaanse verklarende Bybel sê: Die mens verteenwoordig God, letterlik soos ʼn beeld of afbeelding van Hom, hier op aarde.
In die antieke Romeinse tyd het die Keiser dikwels standbeelde van homself in die afgeleë gebiede van die Romeinse Ryk laat oprig om die bevolking daaraan te herinner dat hy die keiser is; die een wat regeer. Dit is teen hierdie agtergrond dat die Afrikaanse verklarende Bybel sê dat, net soos die beeld van iemand gegeld het as sy verteenwoordiger (alter ego) in ʼn sekere gebied, net so verteenwoordig die mens God, as Heerser oor die skepping.
Alhoewel die Pentateug geskryf is tydens die ballingskap, nagenoeg 550 jaar voor Christus, het die skrywers van die Pentateug in werklikheid net die mondelings oorgedraagde geskiedenis, te boek gestel. Die grootste gedeelte van hierdie teboekstelling, was die kopiëring of óórskryf, van die Tien Gebooie en die Mosaïse wet, wat nóg ʼn verdere 900 jaar voor die ballingskap reeds beskryf is.
Hierdie wette was, onder andere, baie spesifiek en verbiedend oor die maak, bestaan en gebruik van enige beelde.
(1) Eks. 20:4 ”Jy mag nie vir jou ʼn beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie ….” en in:
(2) Deutr. 7: 25 “…. die afgodsbeelde is afskuwelike goed in die oë van die Here jou God.” en in:
(3) Lev. 18: 3 “Julle mag nie maak soos die Egiptenaars by wie julle gewoon het, of soos die Kanaäniete na wie se land toe Ek julle bring nie. Julle mag hulle gebruike nie navolg nie.” en verder in Lev. 20: 23 “Julle mag nie die gebruike van die nasies wat ek voor julle gaan uitdryf, navolg nie.”
Dit is gevolglik uiters onwaarskynlik dat, toe die skrywers van Genesis in Gen. 1: 27 geskryf het: ”God het die mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God … ” hulle daarmee bedoel het dat die mens, God letterlik (soos ʼn standbeeld van die keiser) op aarde moet verteenwoordig.
Dit sou in werklikheid beteken dat hierdie skrywers ʼn suiwer heidense gebruik, wat allerweë deur die wet van Moses en die Tien Gebooie verbied was, in die Ou Testament sou invoer. Die King James vertaling van Gen. 1: 27 lees: “So God created man in his own image, in the image of God created he him; male and female created he them.”
Dit sou in werklikheid beteken dat hierdie skrywers ʼn suiwer heidense gebruik, wat allerweë deur die wet van Moses en die Tien Gebooie verbied was, in die Ou Testament sou invoer. Die King James vertaling van Gen. 1: 27 lees: “So God created man in his own image, in the image of God created he him; male and female created he them.”
Die begrip “verteenwoordiger”, as sinoniem met die woord beeld of standbeeld, kom nêrens in die Engelse of die Hebreeuse tekste van Gen. 1: 27 voor nie.
Die Hebreeuse woord vir “beeld” (image) wat in Gen. 1:27 gebruik word is tselem (צלם) wat beteken “skaduwee” of “afbeelding”. M.a.w. dit beteken nie dat ons soos God lýk nie, maar dat ons ʼn skaduwee van die aard en wese van die Godheid is. (Gen. 3: 22 “Die mens het nou soos een van Ons geword …” )
ʼn Verdere aspek wat in berekening gebring moet word in die beskouing van die mens as ʼn drie-eenige wese, gaan oor die mens as die tempel van God.
Die temple van die Jode is verwoes (70 nC.) en nou word die méns, Jode en nie-Jode, die temple van God.
In 1 Kor. 3: 16 sê Paulus: “Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?” en verder in 1 Kor. 6: 19 “Of besef julle nie dat julle liggaam ʼn tempel van die Heilige Gees is nie?”
Die Tempel het ook uit drie dele bestaan: die Voorhof, die Heilige en die Allerheiligste.
Die voorhof was die enigste gedeelte waar die gewone mense kon ingaan. Die Heilige en Allerheiligste gedeeltes van die tempel was nie vir die gewone mens toeganklik nie en was van die Voorhof geskei deur die “voorhangsel”. Net die priesters kon in die Heilige gedeelte binnegaan en slegs die Hoë-priester kon net één maal per jaar, op versoeningsdag (Yom Kippur), die Allerheiligste binnegaan. Met Jesus se versoenings-dood skeur die voorhangsel in twee, en kry die mens toegang tot God deur Jesus Christus.
Indien ons die Bybel se beskrywing van “na die beeld van God” eerder sien as die figuratiewe ooreenkoms met die Drie-eenige aard van die Godheid, (die “beeld” van God) dan kry die versinnebeelding van die mens, as beeld-draer van hierdie Goddellike Drie-eenigheid, vir ons ʼn totaal nuwe betekenis.
Die geloofsbelydenis van Athanasius stel dit soos volg:
“Het algemeen geloof nu is, dat wij één God in de drieheid en de drieheid in de eenheid aanbidden, zonder de Personen te vermengen of het Wezen te delen.” en dan verder in paragraaf 35: “Want zoals een redelijke ziel met het lichaam één mens is, zo is ook God en mens (Jesus in Sy menslike voorkoms) één Christus.” (Gedeelte tussen hakies eie byvoeging.)
God en die mens, beide enkelvoudige eenhede, maar wat elk manifesteer in drie afsonderlik identifiseerbare entiteite. Een God in die Drie-heid en die Drie-heid in een eenheid (God); een mens in sý drie-heid en dié drie-heid in een mens.
Voorgenoemde is maar een voorbeeld van so 'n pragmatiese beskouing. In “Verborge Waarhede ” word daar in Volume-eenheid I met ses soortgelyke beskouinge met betrekking tot die Ou Testament gehandel en in Volume II met sewentien.
“Verborge Waarhede” is die resultaat van my jare lange oortuiging dat die Bybel nie net deur sogenaamde akademiese geleerdes en gekwalifiseerde teoloë verstaan kan word nie. Die Bybelskrywers was nie professore en doktore nie. Al wat die Bybelskrywers wou doen, was om die geloofsgeskiedenis (onder leiding van die Heilige Gees) so korrek en beskrywend as moontlik op skrif vas te lê.
Terwyl daar altyd 'n behoefte sal bestaan aan teoloë en akademici om die Woord van God te bestudeer en uit te lê, moet ons as gewone Christene nog altyd self die Bybel kan lees en verstaan.
Die Bybel is nog altyd die enigste ware en betroubare Woord van God. Dit is God se “brief” aan jou en my en daarom is dit so noodsaaklik dat ons hoor en verstaan wat God vir ons sê. In die Bybel praat God self met my en jou op 'n wyse en in 'n taal, wat ons self kan verstaan en begryp. God praat nie met ons in “kodes” of raaisels nie!
“Verborge Waarhede van die Bybel” is nie bedoel om “iets nuuts” (iets wat nie voorheen bestaan het) in die Bybel te vind nie, maar bloot om vanuit 'n praktiese perspektief (pragmaties) na dit wat reeds in die Bybel staan, te kyk; 'n Herontdekking van eeue oue Bybelse waarhede, net in 'n ander ideoom!
Hierdie beskouings moet ook nie as 'n “alternatiewe eksegese”, of 'n aanval op die Christelike geloof gesien word nie. Dit is bloot 'n praktiese benadering vanuit die pragmatiese filosofie wat die waarde van 'n bewering of stelling, uitsluitend volgens die praktiese belang daarvan vir die mens, beoordeel.
Net soos ʼn prisma benodig word om die wonderlike kleure van die reënboog in ʼn enkele ligstraal bloot te lê, net so verg dit ʼn ondersoekende gees en ʼn opmerksame oog om die dieper waarhede van die Bybel bloot te lê.
Die primêre doel met die skryf van hierdie trilogie is om vir elkeen wat in die verlede al geworstel het met sommige van die Bybel se historiese voorskrifte en gegewens, asook die toepaslikheid daarvan in ons hedendaagse sameleweing, 'n praktiese en verstaanbare verwysingsraamwerk te bied wat ons kan help met ons soeke na antwoorde op die vele kwelvrae wat vandag nog bestaan.
Onthou altyd: GOD IS VíR ONS; NIE TééN ONS NIE!
Die "Verborge Waarhede van die Bybel" sal eersdaags as n e-boek gepubliseer word en sal gratis beskikbaar wees aan elkeen wat n kopie hiervan wil bekom
Die "Verborge Waarhede van die Bybel" sal eersdaags as n e-boek gepubliseer word en sal gratis beskikbaar wees aan elkeen wat n kopie hiervan wil bekom
No comments:
Post a Comment