Tuesday, April 28, 2015

PRAYERS FROM THE HEART




PRAYERS FROM THE HEART



Stes de Necker












KRUISDOOD - Kruisdood – Wat dit beteken om gekruisig te word




KRUISDOOD


Kruisdood – Wat dit beteken om gekruisig te word

Stes de Necker

                                                                                        Skrywer  Dr. Coen Slabber

“Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het (Markus 15:25). Jesus het daardie selfde dag - ongeveer drie-uur - gesterf. Johannes vertel vir ons dat die twee misdadigers wat saam met Jesus gekruisig is toe nog gelewe het. Die soldate het hulle bene gebreek.  Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie (Johannes 19:33).
Ons moet aanvaar dat Jesus se fisiese toestand voor sy gevangeneming goed was - Hy het immers groot afstande te voet afgelê. Tussen sy aankoms by Getsémané en die aanvang van die kruisiging het Jesus egter erge emosionele spanning ondervind. Ons lees van Jesus se stryd in Getsémané, die herhaalde verhore, sy vriende (die dissipels) wat Hom in die steek gelaat het, die geseling deur die Jode, ens. Waarskynlik het Hy nie daardie Donderdagnag geslaap nie. Hy moes tussen 2,5 en 3 km geloop het van die een verhoor na die ander. Dit het Hom baie kwesbaar gemaak vir die geseling van die Romeinse soldate.
Daar is drie aspekte van Jesus se dood wat vir medici kontroversieel is:
(1)        Wat was die oorsaak van Jesus se dood?
(2)        Hoekom is Jesus so gou dood? Volgens Markus was die totale duur van Jesus         aan die kruis ses uur. Dit is baie kort vir ʼn jong man. Hoekom?
(3)        Wat was die aard van die wond in Jesus se sy?
Ons begin met ʼn oorsig van Jesus se kruisiging. 
Wat weet ons van Jesus se kruisiging?
Daar is min besonderhede van Jesus se kruisiging in die evangelies. Waarskynlik was dit omdat geseling en kruisiging so algemeen was dat die evangeliste dit as onnodig beskou het om meer hieroor te sê. Ek gaan niks sê oor die psigiese en geestelike lyding wat Jesus as gevolg van die losprys wat Hy vir ons sondes betaal het, ondervind het nie. Ek gaan slegs die fisiologiese en anatomiese aspekte van sy lyding en dood hanteer.
Vir ons doeleindes wil ek sekere aspekte beklemtoon.
1.         Die Middeleeuse en Renaissance skilders het altyd vir Jesus geskilder waar hy die hele kruis gedra het. Die vertikale paal van die kruis was meestal permanent in die grond ingeplant. Die veroordeelde moes net die dwarshout (= patibulum) gedra het - van die tronk tot by die plek van teregstelling. Dit word bereken dat hierdie dwarshout tussen 35 en 50 kg geweeg het.
2.         Meeste skilderye toon dat die spykers in Jesus se hande ingeslaan is. Spykers in die handpalms sou egter uitgeskeur het as die volle liggaamsgewig aan hulle gehang het. Die spykers is gewoonlik tussen die beentjies van die polsgewrig of net bokant die polsgewrig ingeslaan. Waar kom hierdie misverstand vandaan?
Waarskynlik van Jesus se woorde aan Tomas: Bring jou vinger hier en kyk na my hande (Johannes 20:27).
Anatome - veral in die antieke tyd - het die polsgewrig as deel van die hand beskou.
Kom ons probeer nou chronologies vasstel wat met Jesus gebeur het gedurende sy laaste 24 uur.
(a)        Die fisiese lyding van Jesus het nie by Golgota begin nie, maar reeds in Getsémané. Dit is interessant dat Lukas, die geneesheer, die enigste een is wat Jesus se sweet beskryf: Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val (Lukas 22:44). Vooraf lees ons dat Jesus in doodsangs geraak het en dat Hy nog ernstiger gebid het. Kan ʼn mens bloed sweet? Hematidrose (bloed sweet) is ʼn baie seldsame verskynsel en is gewoonlik die gevolg van erge emosionele spanning. Klein bloedvaatjies in die sweetkliere bars. So word bloed en sweet gemeng.
(b)        Daardie aand verskyn Jesus voor Annas, Kajafas en die Joodse Raad. Reeds hier begin sy fisiese trauma: Een van die wagte klap Hom, want hy het nie gehou van Jesus se antwoord op die hoëpriester se vraag nie. Die manne wat Jesus bewaak het, het met Hom die spot gedryf en Hom geslaan. Hulle het Hom geblinddoek en gesê dat Hy as profeet moet sê wie dit is wat Hom slaan.
(c)        Die oggend vroeg verskyn Jesus voor die Joodse Raad. Teen hierdie tyd was Hy al gekneus en waarskynlik gedehidreer. Hy het nie baie geslaap nie. Hy word vroeg die oggend van die Praetorium na Burg Antonia, Pontius Pilatus se setel, geneem. As gevolg van die oproepe van die skare het Pilatus vir Jesus oorgegee om gegesel en gekruisig te word.
(d)        Tydens geseling is al Jesus se klere uitgetrek, sy hande is aan ʼn paal bokant sy kop vasgemaak en Hy is geslaan. Die Joodse wet het ʼn beperking op die aantal houe geplaas - veertig. Dit is twyfelagtig of die Romeinse soldate hulle aan hierdie beperking gesteur het. Jesus is met die sogenaamde flagrum geslaan. Dit was ʼn kort sweep met verskeie swaar leerrieme. Naby die punte van hierdie rieme is of klein lood balletjies of stukkies been ingevleg. Die lood balletjies in die sweep veroorsaak erge kneusings. Die rieme en beentjies skeur die vel. Later sou selfs die onderliggende spiere beseer en geskeur word. Die vel op die rug hang in lang repe. Pyn en bloedverlies was erg. Die hoeveelheid pyn en bloedverlies het bepaal hoe lank so ʼn slagoffer aan die kruis sou oorleef. As die soldaat dink dat die slagoffer naby aan dood is, word die slanery gestaak.
(e)        Daarna is Jesus losgemaak. Die soldate trek vir Hom ʼn pers mantel aan, sit ʼn doringkroon op sy kop en gee vir Hom ʼn stok in sy regterhand. Die soldate spoeg op Jesus en slaan Hom met die stok oor sy kop. Hierdie mag die dorings dieper in sy kopvel ingedryf het. Almal van ons weet dat die kopvel baie bloedryk is en erg kan bloei.
(f)        Nadat die soldate Jesus klaar gespot het, het hulle die pers mantel uitgetrek en weer Jesus se eie klere vir Hom aangetrek. Op hierdie stadium het die mantel reeds aan Jesus se rug vasgesit as gevolg van die gestolde bloed. Om dit uit te trek, moes baie seer gewees het. Dit het ook die bloeding weer laat begin.
(g)        Daarna kry Jesus sy kruis om na Golgota te dra. Die kruis is gewoonlik op die slagoffer se skouers met toue vasgebind. Nou begin die optog langs die Via Dolorosa. Jesus kon egter nie die kruis dra nie, en Simon van Sirene word opgekommandeer om te help dra. Ons moet aanvaar dat die dra van die kruis Jesus se wonde weer oopgemaak het en verdere bloeding veroorsaak het.
(h)        By Golgota bied die soldate vir Jesus ʼn mengsel van wyn en mirre (gal) aan. Hierdie mengsel het ʼn matige pynstillende effek. Jesus weier egter om dit te drink. Hierna word Jesus gekruisig. Die normale prosedure is dat die twee hande/polsgewrigte eers vasgespyker word. Daarna word die dwarshout opgelig en aan die vertikale paal vasgemaak. Daarna word die voete aan die vertikale paal vasgespyker.
(i)         Geleidelik sak die slagoffer laer. Meer gewig word op die spykers in die polsgewrig geplaas. Verskriklike pyne skiet af in die hand en op in die arm, want daar word drukking geplaas op die groot senuwees wat deur die polsgewrig loop. Om dit te verhoed, lig die slagoffer hom op, maar nou plaas hy sy volle gewig op die spykers in sy voete.
(j)         Soos die arms moeg word, ontwikkel erge krampe in die spiere. Op hierdie stadium kon Jesus Hom nie meer opdruk nie. Die spiere tussen die ribbes kan nie meer funksioneer nie. Lug kan ingeasem, maar nie uitgeasem word nie. Jesus moet Hom oplig om uit te asem. Elke keer as Hy dit doen skaaf sy rou rug teen die paal van die kruis. Dit veroorsaak erge pyn en bloeding. Dit is gedurende hierdie tyd wat Hy die sewe kort kruiswoorde uiter.
(k)        Nou kom daar ʼn verdere pyn - ʼn drukkende pyn soos die hartsak stadig gevul word met vloeistof en geleidelik drukking op die hart plaas. Dit laat ʼn mens dink aan Psalm 22:15: Ek is soos uitgestorte water, al my bene het uitmekaar geval, my hart het soos was geword, dit smelt weg in my.
(l)         Ons nader nou die einde. Die verlies aan bloed en vog bereik nou kritieke vlakke; die hart sukkel om te pomp; die longe kan skaars meer lug inasem. Weereens herinner dit ons aan Psalm 22:  Ek is so min werd soos ʼn potskerf, my tong kleef aan my verhemelte, U laat lê my asof ek dood is (Psalm 22:16). Dit is toe dat Jesus sê: Ek is dors. Die soldate maak ʼn spons vol suur wyn, sit dit op ʼn hisoptakkie en gee dit vir Jesus.
(m)      Jesus besef dat die dood naby is: Dit is volbring. Met ʼn groot inspanning kry Jesus sy laaste woorde uit: Vader, in u hande gee Ek my gees oor. Sy sending is afgehandel. Hy sterf.
(n)        Om seker te maak dat Jesus wel dood is, het een van die soldate ʼn spies in sy gesteek -  en daar het dadelik bloed en water uitgekom. “



OORDEEL EN VEROORDEEL - DIE OËNSKYNLIKE PARADOKS




OORDEEL EN VEROORDEEL
                                                                                               


DIE OËNSKYNLIKE PARADOKS


  Stes de Necker



1. Jy mag nie oordeel nie
In Matteus 7:1-2 sê die apostel: “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle ander oordeel, sal oor julle geoordeel word en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.”
Daar bestaan verskeie verwysings in die Bybel wat vir ons sê dat ons nie oor ander mag oordeel nie. So byvoorbeeld lees ons in  Luk. 6:37, “Moenie oordeel nie en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry en julle sal vrygespreek word.” Ook in Rom 2:1 sê Paulus: “Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat ’n  ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor ’n  ander ’n  oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.”
As gevolg van hierdie skrif waarhede, is daar talle gelowiges wat baie ernstig voel oor die feit dat ons nie oor ander mense mag oordeel nie en daarom nie vir ʼn ander mens kan sê dat hy/sy verkeerd is nie.
Volgens die Bybel is dit 'n voldonge feit dat ons nie mag oordeel nie, maar wat beteken dit prakties? Wat mag of moet ons as Christene dan doen en wat mag ons nie doen nie? Net soveel verwysings as wat daar in die Bybel bestaan wat sê ons mag nie oordeel nie, net soveel verwysings bestaan daar wat vir sê ons moet ons medemens teregwys as ons sien dat hulle verkeerd doen.
2. Jy moet oordeel
In Esegiël lees ons verskeie kere waar dit voorkom asof God ons in werklikheid beveel om te oordeel:
Esegiël 20: 4 “Oordeel jy oor hulle, mens, oordeel jý. Vertel vir hulle van die afskuwelike dinge wat hulle voorvaders gedoen het.”
Esegiël 22: 2 “Mens, wil jy hom oordeel, wil jy oor die stad van bloedvergieting oordeel? Vertel dan vir hom van sy afskuwelike dade.”
Esegiël 23: 36 “Die Here het vir my gesê: ‘Mens, oordeel jý oor Ohola en Oholiba. Vertel vir hulle van hulle afskuwelike dade.”
Esegiël 23: 45 “Regverdige manne moet oor dié vrouens oordeel volgens die bepaling oor owerspel en die bepaling oor bloedvergieting, want hulle het owerspel gepleeg en daar is bloed aan hulle hande.”
Ook in die Nuwe Testament is daar voorbeelde waarvolgens dit lyk of God van ons verwag om oor sonde te oordeel. Joh. 7: 24, “Moenie op die oog af oordeel nie, oordeel regverdig.”
In  Matt. 18: 15 sê die apostel: “As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.”  Vêrder in verse 16 en 17 sê die apostel: (16) “Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word. (17)  En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as ’n  heiden en ’n  tollenaar behandel.”
In Levitikus 19:15 staan daar: “Jy mag nie onregverdig wees in die regspraak nie: jy mag nie partydig wees vir dié wat geen aansien het nie of die vooraanstaande bevoordeel nie. Oordeel regverdig oor jou naaste.” In Eseg. 3: 18 sê God self: “Wanneer Ek vir ’n  goddelose sê hy gaan sterwe en jy waarsku hom nie, jy praat nie en jy waarsku nie die goddelose teen sy bose optrede om hom so in die lewe te hou nie, dan sal hy deur sy sonde sterwe, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood.” en dan in vers 21: “As jy hom waarsku om nie te sondig nie en hy sondig nie, sal hy bly lewe omdat hy hom laat waarsku het en jy sal jou eie lewe behou.”
Volgens die Ou- en Nuwe Testament blyk dit dus baie duidelik dat ons ’n  verantwoordelikheid het om ander mense reg te help. God sê vir ons baie duidelik dat as ons dit nie doen nie, Hy ons verantwoordelik sal hou. Ons het dus die plig om sonde te oordeel. Die groot voorbehoud in die Ou- en Nuwe Testament is egter dat ons dit regverdig moet doen.
WAAR IS DIE VERSKIL
Die groot vraag is nou: Hoe rekonsilieer ons God se opdragte om wel te oordeel, met die verbieding daarvan in byvoorbeeld Matteus en  Lukas?
Eerstens lê die verskil in die wyse waarop ons die Bybel lees en interpreteer. Wanneer ons die verbiedinge van die apostels en God se opdragte noukeurig lees, kom ons agter dat God ons nie die reg gee om oor die “méns” te oordeel nie, maar die sondige praktyk, wat gepleeg word!
Ons weet dat God die sonde haat en dat ons alleen in Jesus Christus vergewing van die sonde kan ontvang. Maar omdat God ook van óns verwag om die sonde te haat, beteken dit geensins dat ons die “mens” agter die sonde, ook moet haat en veroordeel nie! Ons het nog altyd die plig om ons naaste lief te hê. Wat God van ons verwag is dat ons die sondige daad en die mens van mekaar moet skei.
Ons moet die sonde oordeel en veroordeel; nie die mens nie! 
Tweedens lê die verskil in ons interpretasie van die Bybel vanuit ons huidige lewensbeskouing. 
Humanisme.
Wat word met “humanisme” bedoel? Hierbo het ek gesê dat ons ook soms slagoffers van die post-modernesisme is. Elkeen is geregtig op sy/haar eie waarheid, aangesien daar nie iets bestaan soos ’n  absolute waarheid nie. Hierdie standpunt is die gevolg van humanistiese denke. “Die mens het nie die reg om iemand anders voor te skryf hoe sy/haar lewe moet lyk nie! 
Humanisme is ’n  onbybelse, mens georiënteerde ideologie wat alreeds in die verlede groot inbreuk op die Christelike teologie gemaak het deur duidelike Bybelse leerstellings af te verwater ten einde die voorskrifte van die Bybel by die behoeftes van die moderne beskawing aan te pas. Nie alleen word die gesag van die Skrif daardeur ondermyn nie, maar word Bybelse konstantes, wat deur die eeue heen nog altyd gegeld het, bloot verwyder of vervang met dogmatiese teorieë  wat aan die vereistes van die samelewing kan voldoen. 
In sy artikel, “Die  Bybel bekoor met eenvoud” skryf Prof. Piet Strauss, vorige Moderator van die NG Kerk: “Die teks van die Skrif word oorwoeker deur maatstawwe van buite. By sommige praat hul eie verstaan van die omstandighede of konteks van 'n  teksgedeelte harder as die teks of die kern van die Boodskap. Vir die modernis is dít wat die toets van sy verstand of rede slaag beslissend. By die post-modernis is ruimte vir verskille oor kernsake van die Bybel, omdat elk se storie ’n  plek moet hê en die  Bybel volgens hulle geduldig daarby inval.”

Vêrder in dieselfde artikel sê Prof. Strauss: “Daar is moderne teoloë wat die Bybeltekste oor homoseksualiteit so oorspeel met die destydse konteks, dat hulle aflei die Bybel gee nie ’n  mening oor moderne homoseksualiteit nie.”

Die mens het eenvoudig belangriker as die Bybel geword!

Homoseksualiteit.
Homoseksualiteit is seker een van die mees omstrede onderwerpe waaroor daar vandag in Suid-Afrika en in die res van die westerse wêreld, hewig gedebatteer word. So byvoorbeeld het die sogenaamde “Gay Rights Movement” in Suid-Afrika alreeds gegroei tot ʼn sosio-politieke beweging wat openlike optogte en demonstrasies hou om homoseksualiteit in die samelewing goedgekeur en aanvaarbaar te maak. Selfs die Kerk word nie gespaar in hierdie mense se strewe na erkenning en aanvaarbaarheid nie. In Australië behoort selfs prostitute aan ’n  erkende vakbond!
Homoseksualiteit is sekerlik een van die belangrikste dimensies van geestelike oorlogvoering waarby die kerk vandag betrokke is.
Die Bybel spreek tot ons in geen onduidelike terme nie. In Levitikus 18:22-30 word homoseksualiteit vyf keer ’n  gruwel genoem. Dit was só afstootlik in die oë van die Here dat dit die doodstraf deur steniging gedra het. In Lev. 20:13 staan daar: “Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen ’'n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.”
Selfs in die Nuwe Testament sê Paulus: “Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie. Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie.”
Die ou vertaling het gepraat van sodomiete. Hiermee het Paulus beslis nie na die inwoners van die stad Sodom verwys nie! Sodomie beteken presies wat die Afrikaanse Verklarende Woordeboek sê dit is: “Teennatuurlike ontug; geslagtelike omgang tussen mens en dier, of ook homoseksuele omgang”.
Die woord sodomie is afkomstig van die Latynse “peccatum Sodomiticum” wat in Afrikaans vertaal kan word as “Die sonde van Sodom”.
In die Griekse vertaling van die Bybel (Septuagint) word die woord “ekporneuō” gebruik wat na alle vorme van immorele seksuele praktyke verwys. Vandaar die woord “pornografie”.
Selfs met die heel mooiste en edelste bedoelings kan die praktyk van homoseksualiteit NOOIT geregverdig of gekondoneer word nie. Dit beteken egter nie dat ons die “mens” wat homoseksualiteit beoefen, of deur homoseksuele begeertes geteister word, ook mag veroordeel nie!
Net God kan ʼn “mens” oordeel. In Heb. 10: 30 staan daar: “Ons weet tog wie Hy is wat gesê het: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld;” en verder: “Die Here sal oor sy volk oordeel.” Presies dieselfde vermaning vind ons in Rom. 12: 19 “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld, sê die Here.”

Die vraag is: hoekom word homoseksualiteit spesifiek, vandag uitgesonder om soveel aandag te kry. Gesien teen die agtergrond van die Skrif, wat maak die homoseksuele persoon na alles, enigsins verskillend van byvoorbeeld 'n alkoholis, of dief, of bedrieër, (alle vorme van bedrog), of lasteraar of selfs ’n  moordenaar!?

MENSEREGTE

Soms wil dit voorkom of Suid-Afrikaners oor die algemeen té gou, té veel “menseregte” bekom het. Wat niemand, waarvan ek weet, egter ooit gesê het nie, is dat daar vir elke reg wat daar bestaan, ʼn resiproke “teen-verantwoordelikheid” bestaan. Almal het die reg op vrye beweging, maar dan moet jy jou binne die voorskrifte van die land se wette gedra.  Almal het die regop grondbesit, maar dan moet jy jou stukkie grond binne die neergelegte voorskrifte bekom. Almal het die regop vryheid van spraak, maar dit beteken nie jy kan iemand vrylik loop en ander belaster nie.
Hoe dikwels het ons al gehoor:  “Dit is my reg om lief te hê wie ek wil en niemand kan vir my voorskryf wie ek mag liefhê en wie ek nie mag liefhê nie!” of  “Dit is my lewe en ek het die reg om te drink soveel as wat ek wil en niemand kan vir my sê wanneer ek moet ophou drink nie!” “Dit is my reg om grond te besit, daarom kan ek vir my grond vat soos ek wil!”  “Ek het die reg tot vryheid van spraak, daarom kan ek sê wat ek wil!”  Wat is die verskil tussen sommige van hierdie regte en “Gay” regte?
Stel jouself voor; wat sal ons sê as al die alkoholiste, of diewe of bedrieërs of moordenaars vandag ’'n “Alcoholics Rights Movement” of “The Stealers Rights Movement” of “The Corrupt Rights Movement” of “The Killers Rights Movement” sou begin!?  Wat sal die Staat (en my en jou) se reaksie wees as hierdie klomp die dag in die strate begin demonstreer vir die erkenning van húlle regte?
Ek sal my kop op ’n  blok sit dat hulle nie soveel simpatie as die “Gay” aktiviste gaan kry nie!
Prostitusie en aborsie word alreeds in Suid-Afrika nie meer as misdade beskou nie, terwyl ons wéét dat die Bybel dit ten sterkste verbied.
Hoekom word prostitusie, aborsie, homoseksualiteit, Godslastering ens. vandag nie meer as misdade gereken nie?
Vroeër het ek gesê dat humanisme ’'n onbybelse, mens georiënteerde ideologie is wat alreeds groot inbreuk op die Christelike teologie gemaak het.
In die post-moderne “verligte” humanistiese ideologieë, op politieke sowel as teologiese terryn, word die mens se sogenaamde “vryheid” as baie meer belangrik as die mens se Godgegewe verantwoordelikhede, beskou. By die geringste aanduiding dat die mens se “vryheid” in gedrang gebring kan word, word enige moontlike verwysing na die sondigheid daarvan, luidkeels aangeval.
Onder die dekmantel van menseregte en demokrasie, kan enige sonde regverdig word!

ETIKETTERING
ʼn Verdere belangrike oorsaak vir die mistastings in die Evangelie is die geneigdheid van die mens om alles en almal om hom te etiketteer (te “label”). 
Kom ons lees weer die verhaal in Johannes Hoofstuk 9 wat gaan oor die man wat sedert sy geboorte, blind was:
(1)  “Terwyl Jesus wegstap, sien Hy ’n  man wat van sy geboorte af blind was.
(2) Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind is: sy eie of sy ouers s’n?”
(3) En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.”

Jesus se dissipels het reeds aanvaar dat die man se blindheid as gevolg van sonde was. Al wat hulle wou weet is: wie se sonde was dit; syne of sy ouers s’n. Hulle het klaar die blinde geëtiketteer as 'n “sondaar”. Die feit dat hierdie man ’n  bedelaar was wat hulp nodig gehad het, het nie by hulle getel nie.

Ons almal is vandag nog skuldig hieraan. Wanneer iemand op straat bedel is dit omdat hy te lui is om te werk; As iemand meer besit as jyself, is dit omdat hy/sy of ryk geërf het of omdat hy/sy hulle ryk gesteel het; As jou vel wit is, is jy ’n  rassis; As jou vel swart is, is jy korrup; As jy vir die Vryheids Front stem is jy konserwatief, as jy vir die SAKP stem is jy radikaal!  Vir alke moontlike optrede het ons ’n  naambordjie.

Die volgende aanhaling van Moeder Teresa som dit miskien die beste op:

People are often unreasonable, illogical and self-centered;
Forgive them anyway.

If you are kind, people may accuse you of being selfish, or having ulterior motives;
Be kind anyway.

If you are successful, you will win some false friends and some true enemies; Succeed anyway.

If you are honest and frank, people may cheat you;
Be honest and frank anyway.

What you spend years building, someone could destroy overnight;
Build anyway.

If you find serenity and happiness, they may be jealous;
Be happy anyway.

The good you do today, people will often forget tomorrow;
Do good anyway.

Give the world the best you have, and it may never be enough;
Give the world the best you’ve got anyway.

You see, in the final analysis, it is between you and God. It was never between you and them anyway.

Jesus het altyd die “mens” raakgesien. Toe Sy dissipels hom vra: “Deur wie se sonde is dit dat hierdie man blindgebore is”, antwoord Hy hulle: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.”  
Vir Jesus was hierdie man nie ’n  slagoffer van sonde nie; Hy was ʼn wonderwerk wat gewag het om te gebeur.  
Wanneer mense jou verwerp, aanvaar Jesus jou. Wanneer mense jou verlaat, bly Jesus by jou. Wanneer iemand anders nie tyd vir jou het nie, sal Jesus altyd vir jou tyd hê. Wanneer ander ván jou praat, sal God mét jou praat.
In Matt. 7: 1 sê Jesus: “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.” en vêrder in vers 3: “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie.”  In Rom. 2: 1-3 sê Paulus: “Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou mens, wat ’'n ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor ’n  ander ’n  oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen dieselfde dinge. (2) Ons weet dat God regverdig handel wanneer Hy mense wat sulke dinge doen, veroordeel. (3) Maar jy, mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen en jy doen dit self, verbeel jy jou dat jy aan die oordeel van God sal ontkom?” 
GOD SE WIL
Hoe weet ek en jy wat God se doel met die lewe van ʼn mens is? Wat sou ons oordeel byvoorbeeld gewees het oor die lewe van Paulus voordat hy tot bekering gekom het?
In Hand. 22 vanaf vers 6 lees ons die verhaal van Paulus se bekering. “Terwyl ek op reis was en naby kus gekom het, het daar teen die middag skielik ’n  sterk lig uit die hemel op my gestraal. (7) Ek het op die grond neergeval en ’n  stem vir my hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My? (8) ‘Wie is U Here?’ het ek gevra. ‘Ek is Jesus van Nasaret’, het Hy my geantwoord. ‘Dit is vir My wat jy vervolg.”
In Hand. 22: 4 vertel Paulus self wat hierdie vervolging werklik behels het. “Ek wou die mense wat die leer van Christus volg, totaal uitroei. Mans sowel as vrouens het ek gevange geneem en in tronke laat stop.” Later, in sy brief aan die Galasiërs, skryf Paulus: “Julle het immers gehoor van my optrede toe ek destyds nog ’n  aanhanger van die Joodse leer was. Ek het die kerk van God tot die uiterste vervolg en dit probeer uitroei.” (Gal. 1: 13)

Stel jou vir een oomblik voor dat ons Regering vandag ʼn Wet uitvaardig wat die Christendom in Suid-Afrika verbied en bepaal dat alle Christene vervolg en in die tronke gestop moet word!

Ons sou nie net hulle wat aangestel word om die vervolging uit te voer, maar sekerlik ook die hele Regering daarmee saam, tot in die aller ewigste verdoemenis veroordeel het!

Die verhaal van Paulus se bekering is sekerlik die beste voorbeeld in die Bybel hoe min ons weet wat God se plan nie alleen vir ons eie lewe is nie, maar ook vir die lewe van 'n ander.

God vergewe Paulus nie net al sy onmenslike handelinge nie, maar maak hierdie “satan”, Paulus, die grootste dissipel van Jesus waarvan ons in die Bybel kan lees.
Wanneer ons oordeel moet ons uiters versigtig wees om nooit die persóón self te veroordeel nie.
DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES 
In Matt. 12: 31 sê Jesus: “Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie.” 1 Joh. 5:16 sê “As iemand sy broer sonde sien doen wat nie tot die dood lei nie, moet hy bid en God sal die broer die ewige lewe gee. Dit geld dié wat sonde doen wat nie tot die dood lei nie. Daar is sonde wat tot die dood lei; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.”
Ek het al voorheen gesê dat die Heilige Gees daardie stil stem in jou binneste is wat gewoonlik moet skreeu om gehoor te word.
Wanneer jy, teen jou beter wete in, iets doen wat verkeerd is en desnieteenstaande die berisping van die Heilige Gees, voortgaan met jou verkeerde dade, verwerp jy nie die teregwysing van mens nie, maar verwerp jy die teregwysing van God self. Dan maak jy God tot leuenaar!
Elke persoon wat voorgee dat hy of sy ʼn Christen is en terselfdertyd openlik wil loop en verkondig dat hy of sy homoseksueel is, behoort vir hulleself die volgende saak uit te maak:
Wanneer jy bely dat jy ’n  kind van God is, bely jy dat jy in God se Woord ( Bybel) glo en wanneer jy die Bybel bevraagteken, bevraagteken jy God se Woord. Wanneer ons nie glo wat die Bybel sê nie, glo ons nie wat God self sê nie!  Of anders gestel; Hoe kan jy beweer dat jy in God glo, maar jy glo nie in Sy Woord nie?
Dit geld ook vir enigeen wat bely dat hy/sy ’n  Christen is, maar terselfdertyd hom/haar skuldig maak aan prostitusie, aborsie, diefstal, korrupsie, moord  ens.
In Joh. 12: 48 sê Jesus: “Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel.”  
DIE BYBEL IS NIE “VEROUDERD” OF “ONDUIDELIK” NIE.
In 2 Tim. 3: 16 staan daar: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n  regte lewenswyse te kweek.” 

Die boek Openbaring handel oor die visioene wat Jesus aan die apostel Johannes openbaar het op die eiland Patmos. Hierdie openbaring was veel meer as ’n  blote inspirasie van die apostel, dit is die skriftelike getuienis van die apostel oor die visioen wat Jesus hom fisies laat sien het. Jesus was só ernstig oor die korrekte weergawe van hierdie gebeure dat Hy in Op. 22: 18 sê “As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.”

As Jesus so ernstig gevoel het oor die korrekte weergawe van hierdie gebeure, kan ons met groot veiligheid aanneem dat Jesus net so ernstig is oor die korrektheid van die res van die Bybel se inhoud.

Óf ons aanvaar die  Bybel in sy geheel, of ons aanvaar niks wat daarin staan nie!
SLOT
Die Bybel is duidelik. As Christene is dit ons plig om die sonde te oordeel en te veroordeel, maar onder geen omstandighede mag ons die “mens” agter die sonde veroordeel nie! 
Liewe vriend of vriendin, laat eerder die oordeel aan God oor. Maar as jy dan moét oordeel, oordeel die mens se dade en nie die mens self nie. En selfs dan moet ons altyd onthou, is daar nog altyd twee voorbehoude; Eerstens moet ons regverdig oordeel en tweedens moet ons baie seker maak dat ons eie lewens reg is, voordat ons oor iemand anders se lewe oordeel. Met die maat waarmee ons meet, sal ook vir ons gemeet word.


 Luk. 6: 37 “Spreek vry en julle sal vrygespreek word.”



DIE HEMEL - Hoeveel Hemele bestaan daar nou eintlik



DIE HEMEL


Hoeveel Hemele bestaan daar nou eintlik


                                                                                              Stes de Necker

Inleiding

In die post-moderne tyd waarin ons leef moet alles  en die wetenskap verklaar word, anders is dit nie aanvaarbaar nie. Indien iets nie  en die wetenskap verklaar kan word nie, hoe teoreties die wetenskap ook al mag wees, word dit eenvoudig verwerp. As gevolg van hierdie neiging word talle Bybelse gegewens onder verdenking geplaas en word, veral die Ou Testament, se geloofwaardig dikwels daardeur bevraagteken.

Hierdie verdagmaking het tot gevolg dat selfs gelowiges al begin twyfel het oor die werklike bestaan van die hemel en die hel. Daar bestaan vandag selfs teorieë oor die hemel as bloot 'n “toestand van heerlikheid” terwyl die hel daarenteen bloot as 'n “toestand van pyn en lyding” beskou word.

Die Bybel leer ons egter dat die Goddelike-hemel én die hel, nie maar net blote toestande van heerlikheid of lyding is nie. Die hemel, sowel as die hel, is beide bepaalde plekke in die heelal waar die mens homself na sy opstanding sal bevind. Vir die gelowiges is die hemel daardie plek waar ons die ewige heerlikheid sal beleef, terwyl die hel daardie plek is waar die veroordeeldes die ewige foltering sal beleef.

Net soos die aarde, is die hemel ook ʼn “plek”, hetsy sigbaar of onsigbaar, waarheen ons as gelowiges op pad is. Al kan ons die hemel nie tydens ons aardse bestaan sien, of die inhoud en die omvang daarvan ken nie, weet ons dat die hemel ʼn werklikheid is, net soos wat die aarde 'n werklikheid is. Om enige iets anders te glo beteken dat ons die boek Openbaring maar net so wel uit ons Bybels kan verwyder! In Openbaring laat Jesus vir Paulus die hemel en die hel sien. Die apokriewe boeke, “Die Openbaring van Paulus” en “Die Openbaring van Petrus” Handel spesifiek oor die Goddelike hemel wat Jesus aan Paulus en Petrus openbaar het.

Of die hemel egter “daarbo” en die hel “daaronder” is, is seker 'n ope vraag. Reeds sedert die tyd van Galileo en Copernicus, is dit bekend dat daar in die heelal nie 'n bo of 'n onder is nie! Dit hang alles af waar jy jou op die aarde bevind. Op die suidpool sal die noordpool onder wees en op die noordpool sal die suidpool onder wees.

Tweedens leer die Bybel ons ook van 'n tweede hemel nie áltyd bestaan het nie. God het beide die aarde én die hemel geskep.  Gen. 1: 1 “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.”

In die derde instansie hoor ons dikwels dat die uitdrukking,  “Hy/sy is in die sewende hemel” wanneer iemand baie bly of gelukkig is.

Die vraag is, hoeveel hemele bestaan daar nou eintlik?

Bybelse grondslag

Soos reeds gesê, vind ons die eerste verwysing na “hemel” in Genesis 1: 1. God het die hemel en die aarde geskep. In die Afrikaanse vertaling van die Bybel word daar na die hemel van Gen. 1: 1 verwys as 'n enkelvoud. In die Hebreeuse vertaling word daar egter deurgaans na die hemel verwys as “shamayim” of te wel ʼn meervoud van hemele.

In die vroeë Hebreeuse geskrifte word daar selfs melding gemaak van sewe hemele. So was daar byvoorbeeld die hemel wat die lig gedurende die nag moes bedek. 'n Ander was daar om die reën en die sneeu te hou. Nog 'n volgende hemel was daar om die sterre en planete vas te hou. Daar was nog een wat die siele van die geregtigdes en ongeborenes sou oppas. En dan was daardie sesde hemel waar die engele en die hemelwesens gewoon het en laastens, die hemelse stad Jerusalem, waar die troon van God is. Hierdie hemele was beskou as paleise, “heikhalot” en volgens die Hebreeuse teologie was dit die roeping van die mens om, so vêr moontlik, na 'n hoër vlak te vorder, totdat jy by die hoogste vlak, by die Troon van God, uitkom.

Daar bestaan egter geen verwysing in die Bybel wat hierdie hiërargie van hemele bevestig nie. In die Gereformeerde geloof glo ons dat daar net één, onsigbare hemel, (of Paradys), bestaan, waarheen elke gelowige ná sy/haar dood sal gaan. 

Hoekom Praat Paulus dan van 'n derde hemel?

In 2 Korintiërs 12: 2 skryf Paulus: Ek ken ’n  man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel.

Die hemel wat volgens die skeppingsverhaal “geskep” is, moet nie met ons uiteindelike tuiste by God verwar word nie. Die hemel waarna Gen. 1: 1 verwys, verwys na die kosmos. Die aarde en sy atmosfeer en die heelal rondom dit. In die normale spreektaal praat ons van die “sterrehemel” of “die hemel is blou”.  M.a.w. die uitspansel.

In die Bybelse tyd is hierdie “uitspansel” as tweedelig beskou. Waarna ons vandag verwys as die aarde se atmosfeer, was beskou as die “eerste” hemel. Met ander woorde daardie deel waar die voëls vlieg (die wolke hemel). Gen. 1: 28 “Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug ...”

Wanneer Openbaring in Hfst. 21 vers 1 verwys na: “Toe het ek ’n  nuwe hemel en ’n  nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn en die see het nie meer bestaan nie.”, sê dit nie dat die bestaande Goddelike Hemel sal verdwyn nie, maar verwys dit na die aarde se atmosferiese ruimte óm die aarde (wolke hemel).

Die “tweede” hemel verwys na daardie deel waar die sterre is. Die kosmos buite die aarde se atmosfeer of soos die Bybel dit beskryf, die “hemelgewelf”. In Gen. 1: 14 staan daar: “Toe het God gesê: ‘Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om dag en nag van mekaar te skei.” en  in vers 17: “God het hulle in die hemelgewelf geplaas om op die aarde lig te gee …”

Die “derde” hemel is wat ons glo ons toekomstige tuiste sal wees, die Paradys. Die woonplek by God. In Psalm 11: 4 se Dawid: “Die Here is in Sy heilige tempel! Die Here is op Sy troon in die hemel.” Vir die sondaar aan die kruis het Jesus gesê: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.”

Wanneer Paulus dan praat van die “derde hemel”, verwys hy na die geeste wêreld waar die hemel asook die hel bestaan. Die “man” waarvan Paulus praat is in werklikheid hyself. (Lees gerus die apokriewe boek, “Die Openbaring van Paulus” )

Dit wat Jesus aan Paulus openbaar het, was vir hom so afgryslik, dat hy nie kans gesien het om van homself in die eerste persoon te praat toe hy 2  Kor. 12 geskryf het nie. Hy verwys eerder na ‘n  “man” wat hy ken. Binne hierdie derde hemel het Jesus beide die hemel en die hel aan Paulus openbaar. 

Wáár is die hemel?

Miskien sal jy nou vra: Maar waar in hierdie heelal is die hemel dan? Die antwoord is eenvoudig: Niemand weet nie! God se Woord openbaar dit nie aan ons nie.

Al die teorieë oor die hemel as ’n  sogenaamde parallelle heelal of dat die hemel in werklikheid bý en óm ons is, is blote spekulasie waarvoor daar géén wetenskaplike basis bestaan nie.

Meeste van hierdie teorieë het hulle oorsprong in die kwantumfisika. Hiervolgens sou dit selfs vir die mens moontlik wees om tegelykertyd in twee verskillende, maar parallel bestaande heelalle, te wees, sonder dat die een van die ander bewus is. 

Die mens is nie bestem om in hierdie lewe alles te weet nie.  In 1  Kor. 13: 12 sê Paulus: “Nou kyk ons nog in ’n  dowwe spieël en sien ’n  raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is.”

In soverre dit die werklikheid van die bestaan van die hemel, (en terselfdertyd ook die hel) betref, moet ons God op sy Woord neem.  In my boek, “Verborge Skatte van die Bybel”, het ek gesê dat vir die wat nie in die bestaan van die hemel (of die hel) glo nie, daar in werklikheid nie veel met hulle kan gebeur as hulle eendag uitvind dat hulle al die tyd reg was nie!

Maar wat as hulle verkéérd was?!







VERLOWING - Wat beteken dit om verloof te raak




VERLOWING


Wat beteken dit om verloof te raak



                                                                                               Stes de Necker



Ons siening van ʼn verlowing kom nie presies ooreen met die betekenis wat verlowing in die Bybelse tyd gehad het nie. In Israel van ouds is die verlowings band so ernstig beskou dat dit in baie opsigte gesien en behandel is asof die paartjie reeds getroud was.

In Deuteronomium 22: 23-27 word beskryf hoe daar met ʼn verloofde meisie gehandel moet word indien sy met ʼn man geslagsgemeenskap gehad het. Indien sy vrywillig daaraan meegedoen het, moet sy en die man met klippe doodgegooi word. Wanneer sy egter teen haar wil verkrag is, dan moet die man sterf. Deuteronomium 22: 21 stel dit duidelik dat ʼn meisie, wat nie getroud is nie, met klippe doodgegooi moes word “omdat sy ʼn ongehoorde ding in Israel gedoen het deurdat sy met ʼn man geslagsgemeenskap gehad het terwyl sy nog ongetroud was.”

Voor huwelike seks, veral vir ʼn meisie, was dus geheel en al taboe, terwyl dit wil voorkom of daar, in die geval van die man, meer genadiglik opgetree is.

Manlike chauvinisme is niks nuuts nie!

Die grootste ooreenkoms tussen die Bybelse siening van die verlowing en vandag se siening daarvan, is die feit dat in beide gevalle, verlowing gesien word, as ʼn voorlopige binding met die oog op ʼn huwelik. Anders as in die Bybelse tyd egter, word geslagsgemeenskap tydens die verlowing, vandag as bykans vanselfsprekend beskou.

In die geval van Josef en Maria kom die verbod op voor huwelike seks duidelik na vore in Matt. 1: 19, “Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie….”  Hoewel Josef en Maria verloof was, was sy nog ʼn maagd.

In 2 Kor. 11: 2 sê Paulus:  “Ek waak oor julle met ʼn ywer wat van God kom, want julle is soos ʼn jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring.”

In hierdie uitspraak van Paulus is dit duidelik dat hy met “vlekkeloos” verwys na die bruid se maagdskap.

In die Hebreeuse vertaling word daar na twee konsepte verwys as deel van die verlowing. Eerstens word verwys na “erusin” wat in Engels “betrothal” beteken. In Judaïsme word daar ʼn baie spesifieke onderskeid getref tussen “betrothal” en “engagement” of bloot verlowing soos wat ons dit ken.  “Betrothal” word beskou as is ʼn baie ernstiger liefdes verbintenis as verlowing, wat in Hebreeus as “shidduchi” bekend staan. Die werklike huwelikseremonie staan in Hebreeus bekend as “nissu’in”.

In Griekse word daar na die verlowing en die eintlike huwelik seremonie verwys as “gamos” en “engeysis”.  In die Griekse ortodokse kerk was dit in die verlede altyd die gebruik dat die verlowing (“betrothal”) seremonie in die voorportaal van die kerk plaasvind, om daardeur die paartjie se eerste toegang tot die huwelik status aan te dui. Die gee van ʼn verloofring is weer van die Romeinse huweliksreg oorgeneem waar die man, nadat hy trou aan die meisie gesweer het, aan haar die ring gee.

Volgens Griekse gebruik gee beide die meisie en die man vir mekaar ʼn ring. In die geval van die man is sy ring terselfdertyd ook die trouring, maar word dit aan die  regterhand gedra.