Stefanus Ignatius de Necker is gebore op 4 April 1947 in Bloemfontein in die Vrystaat.
Na matriek studeer hy aan die Universiteit van die Vrystaat en
verwerf STR in 1969.
In 1973 word hy aangestel as Ouditeur van die Suid Vrystaat
Ontwikkelings Raad, en in 1977 sluit hy by die internasionale rekenaar firma,
ICL Ltd. aan, en kwalifiseer as programmeerder, stelselontleder en
stelselontwerper.
In 1978 word hy aangestel as Finansiële Kontrole beampte van die
firma en in 1984 behaal hy sy graad in Bestuurswetenskap en Sake Leiding aan
die Sentrale Universiteit van Tegnologie.
Gedurende 1979 word lidmaatskap van die Internasionale Atlas Klub
vir top presteerders, aan hom toegeken.
In 1995 word hy aangestel as Arbeidsverhoudinge Adviseur van die
Staatsdiens Kommissie, en in 1997 behaal hy sy Honneurs graad in Arbeidsreg (LLA)
aan die Rand Afrikaanse Universiteit.
In 2000 word hy bevorder tot Regsadviseur van die Departement van
Landbou in die Vrystaat, en in 2002 word hy aangestel as Asst. Direkteur Generaal
van die Departement.
In 2006 tree hy af met pensioen.
In Maart 2013 word Lidmaatskap (Fellowship) van die New
Westminster College (Vancouver, Kanada) aan hom toegeken en in Junie 2013 word
hy aangestel as Diplomatieke Ambassadeur van die NCPC van Kanada.
Stes, soos hy algemeen bekend is, is getroud met Janelle (nè
Kirsten) en die egpaar het twee kinders Ilezél en Stefan.
VOORWOORD
Die bedoeling van hierdie drieledige werk, “Die Verborge Waarhede
van die Ou Testament” , “Versteekte Skatte van die Nuwe Testament” en “Sola Scriptura - Die Skrif alleen is
genoeg”, is nie om ʼn wetenskaplike verklaring of ʼn Teologiese seining oor die
onderwerpe wat bespreek word te gee nie. Nog minder is dit bedoel om die Bybel
wetenskaplik korrek te probeer bewys, of om die wetenskap, Bybels korrek te
probeer bewys nie. Die bedoeling is bloot om, aan die hand van bestaande
Bybelse gegewens en bewese wetenskaplike resultate, die Bybel vanuit ʼn suiwer
pragmatiese perspektief te benader en gevolglik praktiese riglyne vir ons
alledaagse uitlewing van ons Christenskap, daarvolgens te bepaal.
Soos derduisende kinders wêreldwyd, het ek ook as kleuter met
verwondering en verbasing geluister na die verhale van die Skepping; Adam en
Eva in die Tuin van Eden; die Sondvloed; Noag en die Ark; die toring van Babel;
die uittog uit Egipte; die kruising van die Rooisee, en die land Kanaän waar
druiwetrosse so groot geword het dat twéé mans dit met ʼn drastok moes dra!
Eers na my aftrede in 2006, het ek die geleentheid gekry om die
navorsing te doen wat tot die skryf van hierdie boek gelei het. Aangesien ek
nóg ʼn teoloog; nóg ʼn wetenskaplike is, het ek my gereeld in vreemde gebiedswaters
bevind. Ek is egter daarvan oortuig dat die Heilige Gees my op wonderbaarlike
wyse gelei het na die feite en waarhede waarna in die hierdie boek verwys word.
Ek moet erken dat baie van hierdie
feite vir my net so ʼn openbaring was!
Die groot
hervormer Martin Luther het by geleentheid gesê: “Die Bybel is nie oud of
modern nie; Dit is ewig”
Vir elkeen wat
vir raad en advies in die Bybel soek, is Luther se woorde van besondere
betekenis. Dit herinner ons elke keer
dat die beloftes wat God eeue gelede aan die stamvaders van Israel gemaak het,
nie saam met die Ou Verbond verstryk nie; inteendeel, Jesus Christus het juis
na hierdie aarde toe gekom om deur Sy lyding en dood, vir eens en vir altyd God
se beloftes van die Ou Testament aan ons te herbevestig.
Regdeur die
geskiedenis was die Bybel nog altyd korrek. Elke voorspelling van die Ou
Testament en elke voorspelling wat Jesus in die Nuwe Testament gemaak het, het waar
geword presies soos dit voorspel is. Die Bybel is voorwaar die enigste ware
Woord van God en ons moet nooit twyfel aan die betroubaarheid en korrektheid
daarvan nie.
Tweedens het ek
probeer aantoon dat die Bybel nie uit twee verskillende boeke, naamlik
die Ou- en die
Nuwe Testament bestaan nie, maar dat dit eerder as een aaneenlopende heilsgeskiedenis
gesien moet word, wat onder en tydens die bestaan van twee afsonderlike
verbonde, plaasgevind het. Ons kan
die Nuwe Testament net verstaan en waardeer as ons die geskiedenis van die Ou
Testament ken. Augustinus het by geleentheid die volgende van die Ou- en Nuwe
Testamente gesê: “ The New is in the Old concealed; The Old is in the New
revealed.”
As dit nie vir die waarhede van die Ou Testament was nie, sou ons
nooit die skatte van die Nuwe Testament, kon raaksien en waardeer nie.
In Deel III, “Sola Scriptura
- Die Skrif alleen is genoeg”, kyk ons na veertien toepassings hoe ons as
Christene, hierdie praktiese (pragmatiese) siening van die Bybel, daagliks kan toepas
en uitleef sonder om bekommerd te wees dat ons die Bybel “miskien nie reg verstaan
nie!”
Ek vertrou van
harte dat hierdie drie boeke vir elke leser ʼn praktiese en verstaanbare
perspektief op die Bybel sal gee en dat hierdie perspektief sal bydrae om ʼn
diepere waardering en meer betekenisvolle begrip van die Bybel te kweek.
Ons is egter nie
almal dieselfde nie, en dit is belangrik dat elke mens gemaklik moet wees met
dit waarmee hy assosieer. As die beskouings in hierdie boeke nie by jou
aanklank vind nie, laat dit maar verbygaan. Vir elkeen met wie hierdie
pragmatiese benadering egter resoneer,
is dit my opregte begeerte dat hierdie boeke die nodige inspirasie sal bied om
die Bybel meer ondersoekend, en met opwinding en verwagting te lees. Aan
diesulkes wil ek sê: “Welkom in die
wêreld van die Pragmatis!”
Die doel met die
insluiting van die verskillende gedetailleerde bylaes soos bv. die wet van
Moses (Mosaïese wette) en die geloofsbelydenisse en kerkordes van die Afrikaanse
susterkerke, is tweërlei. Eerstens om vir die leser, in één enkele bundel, so ʼn
wyd moontlike verwysings-raamwerk te
bied vir die aannames wat ons as gelowiges soms maak en tweedens om,
veral vir ons jongmense, (en moontlik ook ʼn paar van die oueres!) ʼn beter begrip
te gee van die regulatoriese raamwerk (protokol) waarbinne die Gereformeerde Susters
Kerke, juridies, verplig is om te funksioneer. Die Belydenis en Kerkorde van die Kerk waaraan jy behoort, is in wese
niks anders as die “grondwet” of “konstitusie” van die Kerk-“vereniging”
(denominasie) waarvan jy lid is.
In hierdie trilogie word daar deurgaans terug verwys na die Bybel,
so hou maar jou Bybel byderhand wanneer jy hierdie boeke lees! Tensy
anders aangedui verwys alle aanhalings uit die Bybel na die Nuwe Vertaling
(1983) van die Afrikaanse Bybel.
Alle eer aan God.
Stes de
Necker
30
Maart 2011
INDELING VAN DIE BOEK
DEEL i
VERBORGE WAARHEDE VAN DIE OU TESTAMEN 6
ONTSTAAN VAN DIE MENSDOM ~ VANAF
DIE SKEPPING TOT DIE MENS
VAN RAMESES TOT JERIGO ~UITTOG
UIT EGIPTE EN DIE TOG DEUR DIE ROOISEE
GESLAGSREGISTERS VAN DIE OU
TESTAMENT ~ FEITE UIT DIE GESKIEDENIS WAT
DIE BYBEL
DIE BYBEL
SE WAARHEDE BEVESTIG
WISKUNDE VAN DIE PENTATEUG ~DIE
GETALLE VAN NUMERI
DIE SONDE EN BEGENADIGING VAN
ISRAEL ~ LESSE UIT DIE BOEK RIGTERS EN DIE
VOORSKRIFTE
VOORSKRIFTE
VAN DIE
LEVITIKUS
ONTSTAAN VAN DIE BYBEL
SAMEVATTING EN BETEKENS VAN DIE
BOEK JOB
DEEL ii
Versteekte skatte van die nuwe testament 433
Twee Millennia van Joodse
vervolging - Die Uitverkiesing - Die Geskiedenis van die
kerk van Jesus Wie is my naaste en hoe met ek hom/haar liefhê -
Die Goddelike Drie-eenheid -
kerk van Jesus Wie is my naaste en hoe met ek hom/haar liefhê -
Die Goddelike Drie-eenheid -
Bestaan
daar nog iets soos die hel - Die geboorte van Jesus en Sy kinderjare -
Die Heilige Gees
Die Heilige Gees
Openbaring
- Die Sakramente - Respek vir die Bedienaars van die Woord –
Kruisdood - Dwalinge van die moderne tyd - Judas en Pilatus -
Psalms ~ Liedboek of Profesie – Wonderwerke -
Kruisdood - Dwalinge van die moderne tyd - Judas en Pilatus -
Psalms ~ Liedboek of Profesie – Wonderwerke -
Siele, Geeste, Demone en dergelike dinge - Samevatting~
“Bybel bekoor met eenvoud”
“Bybel bekoor met eenvoud”
DEEL iiI
(SLOTSOM)
SOLA SCRIPTURA – DIE SKRIF ALLEEN IS GENOE 677
DIE
BYBEL ~
HANDBOEK OF REËLBOEK - MORALISME VERSUS GENADE
- GEBED, GELOOF EN BESKIKKING - BEGINSELS EN GELOOF -
BEKERING EN WEDERGEBOORTE - VERSOEKINGS EN BEPROEWINGS –
TELEURSTELLINGS - SKULDGEVOEL EN SELFVERWYT -
DEPRESSIE EN SELFMOORD - OORDEEL OF VEROORDEEL -
HOEVEEL HEMELE IS DAAR - VERLOWING
- GEBED, GELOOF EN BESKIKKING - BEGINSELS EN GELOOF -
BEKERING EN WEDERGEBOORTE - VERSOEKINGS EN BEPROEWINGS –
TELEURSTELLINGS - SKULDGEVOEL EN SELFVERWYT -
DEPRESSIE EN SELFMOORD - OORDEEL OF VEROORDEEL -
HOEVEEL HEMELE IS DAAR - VERLOWING
HOE LANK NOG KAN DIE AARDE IE MENS SE AANSLAG AFWEER -
VRAE WAT JONGMENSE BAIE KEER VRA
VRAE WAT JONGMENSE BAIE KEER VRA
iNLEIDING DEEL i
Eeue reeds soek
die mens na antwoorde op die tergende vrae soos: “Wie was Adam?” “Waar
kom die mens vandaan?” “Was Adam regtig
die eerste mens op aarde?” “Waar het die
kruising van die Rooisee plaasgevind?” ”Wanneer het die aarde ontstaan?” ”Wanneer het die heelal ontstaan?” “Wat was daar voor die heelal ontstaan het?”
ens.
Na al die soeke
op antwoorde vir hierdie, en talle ander kwelvrae, moet die mens erken dat,
desnieteenstaande die vordering wat daar op wetenskaplike, tegnologiese en
intellektuele terrein gemaak is, die mens nog steeds niks weet van die
Goddelike terrein nie.
Steeds het die
mens nog geen persepsie van die grootsheid van die skepping en die ontsaglike
grootsheid van God nie. Steeds weet ons nie wat lewe is nie. Wat is
intelligensie? Wat is bewussyn? Wat is waarheid? Wat is werklikheid? Met ons
beperkte verstandelike vermoë, vasgevang in die beperkende dimensies van tyd,
ruimte en oorsaak en gevolg, is die mens eenvoudig nie in staat om hierdie
begrippe te verstaan of te begryp nie. Die gevolg is dat menige wetenskaplike
teorieë en selfs teologiese sienings, God eerder tot ons bestaansfeer probeer “aftrek”,
om Hom sodoende meer verstaanbaar en meer “hanteerbaar” te maak. Dan kan ons ook
ons mensgemaakte teorieë en versinsels, makliker formuleer en verdedig.
Met betrekking
tot die ontstaan van die mensdom, is dit egter insiggewend dat wanneer ons die
natuur-wetenskaplike teorieë oor die skepping en die ontstaan van die kosmos en
die mensdom aan die een kant, en die Bybelse weergawe en gegewens oor die
skepping en ontstaan van die mens Adam aan die anderkant, prakties en sistematies
ontleed, die Bybel en die wetenskap verstommend in ooreenstemming met mekaar is!
In sy boek:
“Die Groot Gedagte – abstrakte weefsel van die kosmos” skryf Gideon Joubert die
volgende: “Die wetenskap se terrein is om die natuur te ontdek. God se terrein
is die geestelike wêreld, ʼn gebied wat onmoontlik is om met die gereedskap en
taal van die wetenskap te ontdek. Laasgenoemde moet deur die hart ondersoek
word, en die verstand en die siel…” Dit beteken egter nie dat hierdie twee
wêrelde, naamlik God se terrein en die wetenskap se terrein, verskillende
wêrelde verteenwoordig nie. Die wêreld van die moderne wetenskap, hoe uiters
klein en beperk in vergelyking tot die Goddelike grootsheid dit ook mag wees,
is nog altyd deel van God se wêreld! Wetenskaplikes en teoloë kyk miskien
vanuit verskillende perspektiewe na dieselfde universele vrae en waarhede en
dikwels verskil hulle, maar deur die geskiedenis heen het beide se standpunte
mekaar gereeld ontmoet.
Hierdie
ooreenkomste bevestig die feit dat die wetenskap en die godsdiens wel langs
mekaar kan staan en mekaar kan verryk en verlig. Harmonie tussen die Bybel en die natuurwetenskappe is sekerlik
moontlik!
God het die
mens ʼn ondersoekende gees gegee en gevolglik kan hy nie anders as om
voortdurend te hunker na meer kennis en ʼn beter begrip van sy doel en betekenis
op aarde nie. Handelinge 17:27: “God het hulle (die nasies) gemaak om Hom te
soek, al sou hulle ook moet rondtas om Hom te vind.”
Die briljante
fisikus en wetenskaplike, Galileo, wat in ernstige konflik met die Rooms
Katolieke Kerk gekom het oor sy standpunt dat die aarde om die son roteer, het
by geleentheid gesê: “I do
not feel obliged to believe that the same God who has endowed us with sense,
reason and intellect, has intended us to forgo their use.”
Ek glo dat God alreeds in sy heilige woord, die meeste antwoorde
op ons menslike vrae gegee het. Ons moet dit net soek!
Reeds in die
Middeleeue het die Joodse filosoof Moses Maimonides (1135-1204) geskryf dat die
botsing tussen die Bybel en die wetenskap, óf vanweë ʼn gebrek aan wetenskaplike
kennis, óf ʼn foutiewe begrip van die
Bybel is. Daar kan net één waarheid wees. Prof. Albert Einstein, sekerlik die
grootste wetenskaplike van ons tyd, het by geleentheid gesê: “Science without religion is lame,
religion without science is blind”
Soos reeds
gemeld, word daar in hierdie boek geensins gepoog om die wetenskap Teologies
korrek te bewys, of om die Bybel, wetenskaplik korrek te bewys nie. Waar ʼn
bevinding ook nie strook met ʼn spesifieke bepaling van die meer algemene
belydende geskrifte nie, word so ʼn afwyking spesifiek uitgewys.
Terwyl die
Kerkordelike standpunt van die Nederduitse Gereformeerde Kerk m.b.t. die Bybel,
(soos vervat in Artikel 11 van die Riglyne en Funksionele Besluite) naamlik dat
die Bybel nie gesien kan word as ’n eksakte handboek vir historiese of
wetenskaplike kennis nie, in beginsel ondersteun word, moet daar ernstig gewaak
word dat die hedendaagse teologiese kritiek op die Bybel se historiese
korrektheid, nie twyfel of skeptisisme in die geloofwaardigheid van die Ou
Testament, veroorsaak nie.
George Ladd, The
New Testament and Criticism (Grand Rapids: Eerdmans, 1967) sê op
Bld. 16: “The
authority of the Word of God is not dependent upon infallible certainty in all
matters of history and criticism.”
Die mens kan net met absolute
sekerheid (sonder enige twyfel) glo, in dit wat hy sintuiglik kan waarneem, of
in die alternatief, as hy dit nie self kan waarneem nie, die feite deur
betroubare getuienis bevestig en gestaaf kan word. Vir die res is alles vir die mens, binne sy
persoonlike en unieke verwysingsraamwerk, bloot aanvaarbaar (geloofwaardig) of
nie-aanvaarbaar (ongeloofwaardig).
Terwyl die Bybel nog altyd
as ʼn “geloofs-boek” gelees moet word, beteken dit sekerlik nie dat die
historiese inligting en gegewens wat daarin vervat is, sonder meer as
historiese versinsel afgemaak kan word nie.
Om vir die tipiese
pragmatis (wat ek glo die meeste van ons is) bloot te sê om maar net te glo, is
so goed jy sê vir ʼn regter in ʼn hofsaak om enige getuienis wat aangebied word,
maar net goedertrou te aanvaar.
Wanneer ons die Bybel se
getuienis (gegewens) vanuit ʼn meer praktiese oogpunt (pragmaties) benader,
beteken dit geensins dat die Christelike geloof hierdeur aangeval word nie,
inteendeel, dit bied vir ons ʼn soveel breër en ryker siening van die Bybel
waardeur ons geloof net verder versterk kan word.
Die Christen gelowige beskik
sekerlik ook oor die mees betroubaarste en geloof waardigste getuienis wat ʼn
mens op aarde kan kry; Die Heilige Gees. Die Bybel sê vir ons baie duidelik dat
die Heilige Gees getuig vir ons, en Sy getuienis is waar.
In Hoofstuk 1 word die
vraag bv. gevra, hoe is dit moontlik dat Adam en Eva, op die tydstip toe die
slang (Satan) Eva verlei het, kon weet dat hulle sondig, aangesien hulle op
daardie stadium nog nie van die vrug van die Boom van kennis, van goed of kwaad
(oor reg of verkeerd), geëet het nie? ʼn “Catch twenty two” as jy van een wil praat!
Net so min as wat ʼn dier kan
onderskei tussen goed of kwaad, of reg en verkeerd, aangesien dit nie oor ʼn
rede of morele gewete (kennis en verstand) beskik nie, word daar in die
beskouing in Hoofstuk 1 van die standpunt uitgegaan dat Adam en Eva net so min geweet dat hulle besig was om sonde te doen. Hulle
was bloot te dom om te weet wat reg of verkeerd was!
Dit is my opregte begeerte
dat die pragmatiese benadering wat in hierdie boek gevolg word, vir elkeen wat
dit lees, ʼn soveel breër en ryker praktiese siening van die Bybel sal gee dat
dit sal veroorsaak dat ons weer die Bybel met opwinding en verwagting sal lees.
iNLEiding DEEL ii
In Deel I, “Verborge Waarhede” het ek gesê dat, op die verhoog van
die lewe, die evangelie van Jesus afspeel teen die agtergrond “backdrop” van
die Pentateug, met die Ou Testament as die res van die dekor.
In hierdie Deel “Versteekte Skatte van die Nuwe Testament”, kyk
ons nou in die tweede bedryf van ons “opvoering”, hoe die lewe en werk van ons
Here Jesus Christus in die Nuwe Testament voortgesit word.
Ek het vanaand na ʼn gedeelte gekyk van die Mej. Wêreld kompetisie
wat vanjaar in London in Engeland plaasgevind het; en wat ʼn mooi klomp meisies
was dit nie! Maar toe tref dit my weereens: Uiterlike beskou, kyk ons na
omtrent 160 van die wêreld se mooiste meisies in hulle pragtige aandrokke,
gegrimeer deur van die wêreld se beste grimeerkunstenaars en versier met die
mooiste juweliersware wat ʼn mens jou kan voorstel. Terwyl ons die uiterlike
prag en skoonheid, sintuiglik kan waarneem, kan ons egter niks sien van die
innerlike skoonheid wat daar in hierdie meisies is nie. Enige mens wat nie een
van hierdie meisies op persoonlike vlak ken nie, sal nooit weet of sy innerlik
net so mooi of selfs nog mooier is nie.
Dit is presies dieselfde in ons siening van Jesus Christus.
Afgesien van die beeld wat die Bybel vir ons gee van Jesus, en afgesien van die
beeld wat die kerk vir ons deur die jare van Jesus geskets en voorgehou het,
kan ons die ware glorie en skoonheid van ons Heiland eers raaksien wanneer ons
daardie intieme en persoonlike verhouding met Hom het. Vir die res sien ons
maar net die uiterlike “grimering en versiering” van Christus.
Vir elkeen van ons is dit moontlik om Jesus op hierdie vlak te
leer ken en lief te hê; Want die Bybel sê vir ons presies wat om te doen om
daardie intieme persoonlik verhouding met Jesus, te bekom! Ons moet in Hom glo! Dis al! Jesus sal die res doen. En hoe kry ons daardie geloof? Die
Bybel gee ook vir ons die antwoord hierop in Rom. 10: 14 “En hoe kan jy
van Hom (Jesus) hoor sonder iemand wat preek?
En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie?” In die King James
Bybel staan daar: “……faith cometh by hearing, and hearing by the woord of God.”
In ʼn neutedop
kan ons seker sê dat die Ou- en Nuwe Testament gaan oor die geskiedenis van die
wêreld sedert die skepping, en God se doel met die mens op aarde. Na die
skepping verval die mens in sonde en word uit die Paradys van God se beskerming
uitgesluit. Die mens is nou blootgestel aan die gevare buite die Paradys;
smart, pyn en lyding, dood en die ewige verdoemenis. God laat egter nie die
mens alleen aan sy lot buite die beskerming van die Paradys oor nie, maar sluit
met die mens ʼn verbond, dat Hy hulle God sal wees wat hulle sal bewaar en
beskerm, maar dan moet die mens lewe soos wat Hy wil hê hulle moet lewe.
Aangesien die mens nie in staat is om in homself volgens God se voorskrifte te
leef nie, besluit God, na eeue se stryd tussen goed en kwaad, om ʼn nuwe verbond
met die mens aan te gaan wat in wese daarop neerkom dat die mens voortaan,
alleen uit genade, van die gevare buite die Paradys gered sal word, maar dan
moet die mens in sy Seun, Jesus Christus glo.
Jesus Christus
kom gevolglik na hierdie wêreld om die Ou Verbond af te skaf en deur Sy soen
verdienste, ʼn Nuwe Verbond met die mens in te stel en te beseël, en nou breek
die eindtyd, die tyd waarin ons leef, aan. In die Nuwe Testament het daar min “nuwe”
dinge tot stand gekom, wat die Ou Testament nie alreeds aan ons openbaar het
nie. Al wat nou nog moet gebeur is dat Jesus weer moet terugkeer aarde toe soos
Hy belowe het, om eens en vir altyd ʼn einde te maak aan die sonde en die
voortdurende stryd tussen goed en kwaad.
Die Woord van
God is dus nie nét die Nuwe Testament nie! Om ons Here Jesus werklik te ken en
te waardeer wat Hy vir ons gedoen het toe Hy die straf vir ons sondes aan die
kruis op Hom geneem het, sodat ons bloot uit genade en nie uit verdienste gered
kan word, is dit nodig dat ons dit moet sien teen die agtergrond en voorskrifte
en omstandighede van die Ou Testamentiese tyd.
In hierdie Deel
sal altesaam sewentien aspekte uit die Nuwe Testament in meer besonderhede
beskou word, om sodoende die konteks waarbinne dit beskou moet word, vas te
stel. Dit is my opregte begeerte dat,
wanneer hierdie aspekte binne die historiese konteks gesien word, God self, vir
elkeen wat dit lees, ʼn nuwe begrip en waardering vir Sy Woord en vir Sy liefde
en genade vir ons, sal gee.
In Psalm 119:
130 skryf die Psalmdigter: “Wanneer U woord vir mense oopgaan, bring dit lig;
dit gee insig aan dié wat nog onervare is.”
In Deel I en II
het ons, vanuit 'n pragmatiese beskouing, na die “Verborge Waarhede van die Ou
Testament” en die “Versteekte Skatte van die Nuwe Testament” gekyk.
Met beide hierdie
gedeeltes was die bedoeling nie om “iets nuuts” (iets wat nie voorheen bestaan
het) in die Bybel te vind nie, maar bloot om vanuit 'n praktiese perspektief
(pragmaties) na dit wat reeds in die Bybel staan, te kyk; 'n Herontdekking van
eeue oue Bybelse waarhede, net in 'n ander ideoom!
Hierdie
beskouings moet ook nie as 'n “alternatiewe eksegese”, of 'n aanval op die
Christelike geloof gesien word nie. Dit is bloot 'n praktiese benadering vanuit
die pragmatiese filosofie wat die waarde van 'n bewering of stelling,
uitsluitend volgens die praktiese belang daarvan vir die mens, beoordeel.
Die primêre
doel met die skryf van hierdie trilogie is om, vir elkeen wat in die verlede al
geworstel het met sommige van die Bybel se historiese voorskrifte en gegewens,
asook die toepaslikheid daarvan in ons hedendaagse sameleweing, 'n praktiese en
verstaanbare verwysingsraamwerk te bied wat ons kan help met ons soeke na
antwoorde op die vele kwelvrae wat vandag nog bestaan.
Die Bybel, God
se brief aan jou en my, is nie bedoel om 'n geheimsinnige geskrif te wees wat
net deur geleerdes verstaan en geïnterpreteer kan word nie. In die Bybel praat God self
met my en jou op 'n wyse en in 'n taal, wat ons self kan verstaan en begryp. God praat nie met
ons in “kodes” of raaisels nie!
In hierdie Deel
kyk ons na 'n aantal praktiese toepassings van die pragmatiese beskouings van Dele
I en II, asook na 'n paar vrae wat jongmense dikwels mee worstel.
Dit is my
innige wens dat hierdie beskouings en riglyne, vir elkeen wat dit lees, 'n vars
en duidelike begrip van die Bybel en God se wil vir elkeen van ons lewens, sal
bied.
Onthou altyd: GOD IS VíR ONS; NIE TééN ONS NIE!
KOMmentaRE
“Stes de
Necker moet ernstig en met aandag gelees word
Die drieledige werk van Stes de Necker naamlik die “Verborge
waarhede van die Ou Testament”, “Versteekte skatte van die Nuwe Testament” en
Sola Scriptura – Die Skrif alleen is Genoeg, verteenwoordig ‘n deeglike poging
deur ‘n nie-teoloog en “gewone” lidmaat. Sedert die erkenning van die algemene
priesterskap van die gelowiges in die Kerkhervorming van die 1500’s, is daar
waardering vir lidmate wat vanuit die kerkbank saampraat oor Bybelkwessies.
Stes se bydrae is verantwoord, goed nagevors en lesenswaardig. Kernprobleme
en kernwaarhede – vir vandag – word aangesny: die ontstaan van die Bybel, die
Bybel en die ouderdom van die aarde, God se Raadsplan, uitverkiesing, wie is my
naaste?, God-Drieënig, bestaan die hel?, en selfs Openbaring.
Stes bied hierdie werk nederig aan en sonder ‘n soeke na eie
belang. Hy wil eerder die debat stimuleer as strem. Sy hantering van die NG
Kerk se belydensskrifte en ander dokumente maak die prentjie meer volledig en
verdien vermelding.”
Prof
Piet Strauss.
(Voormalig)
Moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk
Januarie
2012.
-----------------
“Dit is 'n uiters omvangryke boek en getuig van breë navorsing wat
oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe en kwessies van die Bybel gedoen is. Die
opmerkings en kommentaar oor hierdie sake in die Bybel lees interessant en
lesers sal dit geniet. Dit is sake en onderwerpe wat nie aldag in die
gesigsveld van die gewone leser/lidmaat kom nie. Dat dit baie stof tot nadenke
laat, is verseker. Hierdie boek is veral vir die fynproewer denkende mens
bedoel.”
Danny Fourie
Publikasiehoof
Bybel-Media (voorheen Bybelkor)
-----------------
“Wanneer teoloë oor aktuele vraagstukke begin debatteer, is dit
goed. Wanneer gelowiges wie nie formele teologiese opleiding het nie, oor
Bybelse sake begin praat en skryf, is dit baie beter, veral wanneer hul
navorsing omvattend is en aansluit by vrae wat gereeld deur die man op straat
gevra word.
Hierdie boek is so ‘n boek, vir die man op straat, maar ek is
oortuig ook vir vele dominees. In my eie bediening moes ek gereeld die
vraagstukke wat in hierdie boek ontleed en behandel word, aan lidmate en selfs
tieners verduidelik. Daar is by talle gelowiges ‘n fundamentalistiese aanslag
wat daartoe aanleiding gee dat hulle in ‘n geloofskrisis wil beland (selfs
anderdenkendes verdag wil maak!) wanneer veral Ou Testamentiese ‘historiese’
waarhede vanuit ‘n ander perspektief beskou word. Die Bybel wil geensins ‘n
histories-ekskansde Waarhede sakte handboek wees nie. En wanneer sekere aspekte
anders interpreteer word en verklaar word, is dit geen aanslag op die
Christelike geloof nie! ‘Verskansde Waarhede van die Bybel’ is ‘n vars uitkyk
op talle omstrede sake, wat waag om krities te kyk na sogenaamde ‘heilige
koeie’ in Bybeluitleg.
Nog ‘n belangrike saak is dat hierdie boek ‘n mens stimuleer en
aanmoedig om dieper en verder te dink. Vir my is in die kommunikasiemedia ‘n
deurslaggewende faktor dat die leser/hoorder se soeke na kennis en verklarings
sodanig geprikkel sal word dat hulle sal begin vrae vra, ‘elaborate’, self
verder sal navorsing doen. Hierdie boek, glo ek, sal juis dít doen vir
lesers. Ek is oortuig dat ‘Verskansde
Waarhede’ van groot hulp sal wees vir beide dominee én lidmaat. Dis nie swaar
akademiese taal en redenerings wat verveel nie, maar bied teologies-Bybelse
waarhede aan as genotvol en interessant.”
Dr.
Wollie Grobler, leraar
NG
Klipkerk
Al 818 bladsye van 'Verskansde Waarhede' is beskikbaar op elektroniese
media (CD) en kan bestel word by:
Stes de Necker Epos adres: sdnsdn0@gmail.com of
Skakel my op +27 0786792770 of op Whatsapp by dieselfde nommer.
BEKENDSTELLINGS PRYS R599 !!
No comments:
Post a Comment